Original Research
Factors influencing access to pharmaceutical services in underserviced areas of the West Rand District, Gauteng Province, South Africa
Submitted: 22 June 2011 | Published: 20 July 2012
About the author(s)
Ditonkana A. Sello, Department of Pharmacy, University of Limpopo, (Turfloop campus), South AfricaJan H.P. Serfontein, School of Pharmacy, North-West University, (Potchefstroom campus), South Africa
Martie S. Lubbe, School of Pharmacy, North-West University, (Potchefstroom campus), South Africa
Yoswa M. Dambisya, Department of Pharmacy, University of Limpopo, (Turfloop campus), South Africa
Abstract
Opsomming
Toegang tot farmaseutiesedienste (FD) bly ‘n uitdaging in minderbevoorregte gebiede. Die huidige studie het demografiese- en sosio-ekonomiese faktore ondersoek, wat FD kan beϊnvloed in onder-bediende gemeenskappe van die Wes-Rand Distrik, Gauteng Provinsie, Suid-Afrika. Om te bepaal watter faktore toegang tot FD in vyf dorpsgebiede aan die Wes-Rand beïnvloed. Kwantitatiewe opnames met behulp van gestruktureerde vraelyste wat aan die algemene publiek (n = 2014) in Bekkersdal, Kagiso, Mohlakeng, Munsville, en Diepsloot dorpsgebiede uitgedeel is. Die vraelys het areas insluitende demografiese besonderhede, indiensneming- en opvoedingstatus, inkomstevlakke, metodes van betaling, en die gerief van die apteekdienste ondersoek. Daar was 2014 respondente (54.0% vroulik); 52.0% was werkloos; 65.0% het sekondêre of hoër onderwysopleiding; en > 70.0% het geen inkomste of verdien < R1000 p.m. Werkloosheid was hoër onder vroue, ongeag van vlak van opvoeding. Slegs 13.9% van die respondente het mediese fonds-lidmaatskap. Mediese fonds-lidmaatskap beïnvloed die keuse van gesondheidsverskaffer, maar toegang tot die apteekdienste is nie geraak deur mediese fonds-lidmaatskap nie. Mediese fondslede was egter meer in staat om te betaal. Die keuse van ‘n verskaffer is deur indiensneming- en opvoedingstaus beïnvloed, met die meeste van die respondente wat werksaam was (66.0%) en die meer opgevoedes (64.4%), wat ‘n apteker of ‘n algemene praktisyn verkies het. Ten opsigte van die apteker se geslag het 47.5% van die respondente geen voorkeur gehad nie, 27.6% het manlike aptekers verkies, terwyl 24.9% vroulike aptekers verkies het. Mans met voorkeure het manlike verskaffers verkies (77.0%), en vroulike respondente het vroulike verskaffers verkies (69.3%). Respondente met geen formele opleiding, en diegene met ‘n lae of geen inkomste het hoër geslagsvoorkeur resultate getoon. Toegang tot FD is beïnvloed deur geslag, ouderdom, gesinsinkomste en vlak van opvoeding. Mediese fonds-lidmaatskap daarenteen het geen beduidende invloed op die toegang tot FD gehad nie, maar wel op die vermoë om te betaal. Hierdie faktore moet in ag geneem word deur diegene wat belangstel om FD in soortgelyke gebiede te verskaf.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 8318Total article views: 15716
Crossref Citations
1. Assessment of COMMUNITY Pharmacists' Knowledge, Attitude, and Practice Towards Oral Health Care in Jordan
Sabha Mahmoud Alshatrat, Abedelmalek KalefhTabnjh, AbdelRahman Murtada Ramadan, Tamadur Mahmoud Falah, Reem Saleem Tubaishat
F1000Research vol: 13 first page: 730 year: 2024
doi: 10.12688/f1000research.152739.1
2. An evaluation of the adequacy of pharmaceutical services for the provision of antiretroviral treatment in primary health care clinics
Talitha Crowley, Ethelwynn L. Stellenberg
Health SA Gesondheid vol: 20 issue: 1 first page: 83 year: 2015
doi: 10.1016/j.hsag.2015.02.004
3. Role of community pharmacists in providing oral health advice in the Eastern province of Saudi Arabia
Hamad Al-Saleh, Thamir Al-Houtan, Khalid Al-Odaill, Basel Al-Mutairi, Mohammed Al-Muaybid, Tameem Al-Falah, Muhammad Ashraf Nazir
The Saudi Dental Journal vol: 29 issue: 3 first page: 123 year: 2017
doi: 10.1016/j.sdentj.2017.03.004
4. The health-seeking experiences of caregivers of children with cerebral palsy in Thembisa, South Africa: shifting from the voice of medicine to the voice of the caregiver
Cynthia Sawasawa, Jennifer Watermeyer, Khetsiwe Masuku
Disability and Rehabilitation first page: 1 year: 2025
doi: 10.1080/09638288.2025.2513043
