Original Research

Die impak van afwesige vaders op adolessente dogters se psigososiale welstand

Fazel E. Freeks, Corinne Strydom, Elretha Bartlett
Health SA Gesondheid | Vol 20, No 1 | a919 | DOI: https://doi.org/10.4102/hsag.v20i1.919 | © 2015 Fazel E. Freeks, Corinne Strydom, Elretha Bartlett | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 05 October 2017 | Published: 10 October 2015

About the author(s)

Fazel E. Freeks, Faculty of Theology, Unit for Reformed Theology of the South African Society, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa
Corinne Strydom, Faculty of Social Work, School for Psycho-Social Behavioral Sciences, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa
Elretha Bartlett, Faculty of Social Work, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa

Full Text:

PDF (1MB)

Abstract

Daar is bevind dat baie kinders in Suid-Afrika sonder die betrokkenheid van 'n biologiese vader, grootword. Die afwesigheid van 'n ouer binne die gesinsisteem bring 'n vakuum in die ouerskapsrol mee en oefen 'n negatiewe invloed uit op 'n gesin se vermoë om doeltreffend te funksioneer. Met hierdie studie is die impak van afwesige vaders op die welstand van adolessente dogters ondersoek. Die studie is in twee fases verdeel. Tydens die eerste fase is semi-gestruktureerde onderhoude gevoer met ses dogters by wie die vader afwesig was. Die deelnemers se persoonlike menings van die impak wat hulle vaders se afwesigheid op hulle lewens gehad het, is in temas uiteengesit. Die kwalitatiewe data wat uit die onderhoude verkry is, is benut deurdat veranderlikes gëıdentifiseer is wat in die tweede fase getoets kon word. Vir die tweede fase het 30 adolessente vraelyste ingevul. Hierdie bevindings is statisties weergegee. Die twee stelle bevindings is met mekaar vergelyk. Dit wil voorkom of die adolessente dogters 'n groot aantal onvervulde behoeftes het wat aan die afwesigheid van hulle vaders toegeskryf kan word. Hulle het behoefte daaraan om tyd saam met hulle vaders deur te bring en om ’n hegte band met hom op te bou. Die deelnemers het genoem dat hulle moeders beide die rol van moeder en vader vervul en deels vergoed vir die afwesigheid van hulle vaders. Die data wat deur hierdie studie ingesamel is, sal vaders help om ’n beter idee te kry van hulle waarde binne die gesinstruktuur.

Keywords

Impak; Afwesige vaders; Adolessente dogters; Psigososiale welstand

Metrics

Total abstract views: 2450
Total article views: 1209


Crossref Citations

No related citations found.