
Original Research
Incidence, severity and management of cancer chemotherapy related oral mucositis in Eastern Cape and Western Cape
Submitted: 14 October 2011 | Published: 05 October 2012
About the author(s)
Johanna E. Maree, Department of Nursing Education, University of the Witwatersrand, South AfricaMargaretha J. Combrink, Adelaide Tambo School of Nursing Science, Tshwane University of Technology, South Africa
Tanya de Lange, Adelaide Tambo School of Nursing Science, Tshwane University of Technology, South Africa
Andrea S. Toerien, Adelaide Tambo School of Nursing Science, Tshwane University of Technology, South Africa
Minette Bedeker, Adelaide Tambo School of Nursing Science, Tshwane University of Technology, South Africa
Abstract
Die studie het die insidensie, tydsduur en intensiteit van orale mukositis in Oos en Wes Kaapse pasiënte wat kankerchemoterapie ontvang verken asook hoe hierdie simptoom hanteer is en die sukses hiervan volgens die pasiënte. ‘n Kwantitatiewe, ekploratiewe, kontekstuele opname is onderneem. ‘n Gerieflikheidsteekproef is gebruik om die deelnemers te verkry. Een hondered en sestig persone is genader en 66.3% (n = 106) het aan die studie deelgeneem. Die datainsamelingsmetode was self-rapportering met behulp van ’n vraelys en beskrywende statistiek is gebruik om die data te verwerk. Orale mukositis was ’n algemene probleem, aangesien 71.7% (n = 76) van die respondente die simptoom ondervind het. Pyn was nie goed beheer nie, aangesien 69.8% (n = 53) pyn ondervind het terwyl slegs 17.1% (n = 13) aangedui het dat hulle analgetika gebruik het. Meer as die helfte van die respondente het voorgeskrewe mond en keel preparate gebruik, terwyl 28.9% (n = 22) self gemedikeer het wat potensiële nadelige preparate ingesluit het. ’n Beduidende verskil is tussen die gebruik van nie voorgeskrewe medikasie en die duur van mukositis bevind (χ² = 0.81; p = 0.01). Die graad van die mukositis het nie die gebruik van die self-medikasie beinvloed nie. Hoe meer pyn ondervind is, hoe minder was die neiging om die mukositis self te behandel. Die hantering van orale mukositis bly ’n uitdaging. Die onsuksesvolle palliasie van hierdie simptoom kan tot die gebruik van potensieel nadelige self-sorg maatreëls lei.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 5884Total article views: 12556
Crossref Citations
1. Comparison of triamcinolone acetonide mucoadhesive film with licorice mucoadhesive film on radiotherapy‐induced oral mucositis: A randomized double‐blinded clinical trial
Parichehr Ghalayani, Hamid Emami, Fahimeh Pakravan, Mehdi Nasr Isfahani
Asia-Pacific Journal of Clinical Oncology vol: 13 issue: 2 year: 2017
doi: 10.1111/ajco.12295