Original Research
Exploring the perceptions of psychiatric patients regarding marijuana use
Submitted: 20 June 2011 | Published: 13 March 2012
About the author(s)
Leepile A. Sehularo, Department of Nursing Science, North-West University, (Mafikeng Campus), South AfricaEmmerentia du Plessis, School of Nursing Science, North-West University, (Potchefstroom Campus), South Africa
Belinda Scrooby, School of Nursing Science, North-West University, (Potchefstroom Campus), South Africa
Abstract
Opsomming
Insig in die gebruik van marijuana deur psigiatriese pasiënte is beperk, spesifiek met betrekking tot hulle redes vir voortgesette marijuana verbruik ten spyte van die negatiewe gevolge daarvan, byvoorbeeld hertoelating tot psigiatriese hospitale na marijuanageïnduseerde psigotiese episodes. Dit is dus belangrik om te verstaan waarom psigiatriese pasiënte voortgaan om marijuana te gebruik ten spyte van die negatiewe uitwerking daarvan. Hierdie navorsing was ten doel om die persepsies van psigiatriese pasiënte in verband met die gebruik van marijuana in Potchefstroom in die Noordwesprovinsie te verken en te beskryf. So kan aanbevelings gemaak word vir verpleegonderrig, verpleegnavorsing en verpleegpraktyk om meer toepaslike versorging en behandeling te verseker en uiteindelik die heropname van psigiatriese pasiënte as gevolg van marijuana-geïnduseerde psigose te verminder. ‘n Kwalitatiewe, verkennende, beskrywende en kontekstuele navorsingsontwerp is gevolg om ‘n ‘stem’ te gee aan die persepsies van psigiatriese pasiënte aangaande die gebruik van marijuana. Doelgerigte steekproefneming is gebruik om deelnemers te identifiseer wat sou voldoen aan seleksiekriteria. Die steekproefgrootte is bepaal deur dataversadiging, wat bereik is na 10 individuele onderhoude met psigiatriese pasiënte. Ongestruktureerde individuele onderhoude is gebruik om data te versamel ná geskrewe toestemming van die Etiekkomitee van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom Kampus), van die Noordwes Provinsiale Departement van Gesondheid, die Kliniese bestuurder van die psigiatriese hospitaal waar die data versamel is, sowel as van die psigiatriese pasiënte. Die medekodeerder en die navorser het die data onafhanklik van mekaar geanaliseer. Die bevindings van hierdie studie het die persepsies wat psigiatriese pasiënte het oor die gebruik van marijuana, die negatiewe effekte van die gebruik van marijuana, die gebruik van marijuana en psigiatriese toestande, en die staking van die gebruik van marijuana, uitgelig. Aanbevelings is geformuleer vir verpleegonderrig en verpleegnavorsing, sowel as vir die praktyk van verpleegkunde.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 7873Total article views: 14006
Crossref Citations
1. Cannabis Use and Cannabis Use Disorders in South Africa: A Narrative Review
Rutendo Robyn Alana Bako, Lebogang Manthibe Ramalepe, Nwamaka Chinwe Nwogwugwu
Journal of Drug Issues vol: 54 issue: 4 first page: 673 year: 2024
doi: 10.1177/00220426231189168