Original Research
A comparative study of the effects of methamphetamine on memory in existing and recovering addicts from a South African population
Submitted: 07 June 2011 | Published: 13 July 2012
About the author(s)
Cindy van Wyk, Department of Psychology, University of Johannesburg, South AfricaAnita D. Stuart, Department of Psychology, University of Johannesburg, South Africa
Abstract
Opsomming
Geheue is ‘n komplekse sisteem wat ‘n individu in staat stel om blootstelling aan ‘n voorval of ervarings te registreer, stoor, behou en herroep. Leer- en geheueprobleme is van die mees algemene simptome van neurosielkundige uitvalle in neurologiese en psigiatriese pasiënte. Die literatuur dui aan dat metamfetamienafhanklike verbruikers tipies geheuedisfunksie ervaar. Die doel van die navorsing was om die moontlike voorkoms van verskille in geheuefunksie in huidige gebruikers van metamfetamien, rehabiliterende gebruikers, sowel as ‘n kontrolegroep van dwelmmiddel-naïewe demografies-passende individue te bepaal. Uitvoerende funksie is gemeet met ‘n neurokognitiewe toetsbattery wat die geheuefunksies van 14 huidige gebruikers van metamfetamien, 17 rehabiliterende metamfetamienverslaafde individue en 18 dwelmmiddel-naïewe deelnemers, gepas in terme van ouderdom, geslag en opvoedkundige status, bepaal het. Die resultate dui aan dat dat die rehabiliterende metamfetamiengebruikers die grootste geheueuitvalle getoon het in vergelyking met sowel die huidige gebruikers as die kontrolegroep. Die huidige metamfetamiengebruikers het ook matige geheueuitvalle getoon, spesifiek in visuele leer en retensie. Dit is moontlik dat die geheueuitvalle wat deur metamfetamiengebruikers ervaar word, verband hou met strukturele en funksionele verandering in die breingebiede wat met geheue geassosieer word, as gevolg van metamfetamienvergiftiging. Die swak prestasie van die rehabiliterende metamfetamienverslaafde persone in vergelyking met die huidige gebruikers word verduidelik in terme van die naasmekaarstelling van die stimulerende en aanvullende effek van metamfetamien soos ervaar deur die huidige gebruikers versus die neurotransmitteruitputting en strukturele breinveranderinge in die rehabiliterende individue. Die kontrolegroep het ‘n beter resultaat getoon omdat hulle geen neurotoksiese effekte van metamfetamien gehad het nie.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 8817Total article views: 13679
Crossref Citations
1. The impact of methamphetamine use and dependence: A systematic review on the cognitive-behavioural implications for road safety
Steven Love, Michelle Nicolls, Bevan Rowland, Jeremy Davey
Transportation Research Part F: Traffic Psychology and Behaviour vol: 103 first page: 480 year: 2024
doi: 10.1016/j.trf.2024.05.002