Original Research
Impact of nutrition education on nutrition knowledge of public school educators in South Africa: A pilot study
Submitted: 10 May 2011 | Published: 31 July 2012
About the author(s)
Wilna H. Oldewage-Theron, Centre of Sustainable Livelihoods, Vaal University of Technology, South AfricaAbdulkadir Egal, Centre of Sustainable Livelihoods, Vaal University of Technology, South Africa
Abstract
Opsomming
Die Departement van Basiese Opvoeding het nog nie die nodige aandag aan voeding voorligting in skole gegee nie ten spyte van die belangrikheid daarvan. Voeding word aangebied as een van vele aspekte in die Lewensoriëntasie sillabusse. Onderwysers is rolmodelle om gesonde voedsel keuses te maak vir kinders, maar studies het bewys dat tekortkominge bestaan in die gesondheid en voeding verwante kennis en optrede van onderwysers. Die doel van hierdie loods studies was om die impak van ‘n voeding voorligting program op die voeding kennis van Lewensoriëntering onderwysers in publieke skole in Suid Afrika (SA) te bepaal. ‘n Basislyn ondersoek was uitgevoer om die voeding praktyke van onderwysers uit 45 doelbewuste gekose publieke skole te bepaal voor en na die implementering van ‘n eksperimentele voeding voorligting intervensie studie. ‘n Voeding kennis vraelys is deur 24 doelbewuste gekose onderwysers, verteenwoordigend van al nege provinsies in SA, voltooi voor en na die drie-dag voeding voorligtingsprogram. Beide pre en post data is geanaliseer op die Statistical Package for Social Sciences (SPSS) vir Windows program, uitgawe 17.0, vir beskrywende statistieke. Gepaarde t-toetse is gebruik om statisties betekenisvolle verskille (p < 0.05) voor en na die intervensie te bepaal. Die kennis van die respondent het betekenisvol verbeter na die intervensie aangesien die gemiddelde ±s.d. uitslag van die vrae wat korrek geantwoord is (n = 59) van 63.3±30.2 persent voor tot 80.6±21.1 persent na die intervensie verbeter het. Die resultate het bewys dat die voeding kennis van Lewensoriëntering onderwysers in publieke skole in SA nie optimaal is nie, maar dat dit kan verbeter deur voeding voorligtingsprogramme.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 8501Total article views: 20656
Crossref Citations
1. Barriers to and facilitators of using MyPlate nutritional guidelines in K-12 teachers and principals
Matthew Chrisman, Sarah Patel, Rachel Alonzo
Health Education Journal vol: 79 issue: 2 first page: 152 year: 2020
doi: 10.1177/0017896919867986