Original Research
Physical activity levels and energy expenditure of 9-year-old – 12-year-old overweight and obese children
Submitted: 08 April 2010 | Published: 07 March 2011
About the author(s)
Chanelle Kemp, School of Biokinetics, Recreation and Sport Science, North-West University, Potchefstroom Campus, South AfricaAnita E. Pienaar, School of Biokinetics, Recreation and Sport Science, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa
Abstract
Opsomming
Die hoë voorkoms van oorgewig en obesiteit onder kinders is wêreldwyd ’n kommerwekkende gesondheidsprobleem. Fisieke onaktiwiteit en energiewanbalanse word as moontlike oorsake van die probleem beskou. Die doel van hierdie studie was om die totale energieverbruik (TEV) en fisieke-aktiwiteitsvlakke van 9-jarige – 12-jarige oorgewig- en obese kinders tydens ‘n totale weeksdag en naweekdag te ontleed, asook tydens die oggend en middag van ‘n weeksdag. Vier-en-twintig 9-jarige – 12-jarige kinders (sewe seuns en 17 dogters), waarvan nege oorgewig en 15 obees was, is uit sewe publieke laerskole vir die studie gekies. Afsnypunte volgens die liggaamsmassa-indeks (LMI) is gebruik om tussen oorgewig en obees te onderskei. Elke deelnemer het ‘n ACTICAL™ monitor gedra om hul fisieke-aktiwiteitsvlakke en TEV te bepaal. Die studie het getoon dat die TEV van die kinders op ’n weeksdag en naweekdag nie verskil het nie, alhoewel TEV tydens die middag van die weeksdag betekenisvol verskil het van die oggend s’n. Anders as die oorgewig kinders, het geen van die obese kinders aan die voorgestelde riglyn van 60 minute se matig intensiewe fisieke aktiwiteit per dag voldoen nie. Strategieë moet gevind word om die vlakke van aktiwiteit van oorgewig en veral obese kinders te verhoog, spesifiek gedurende die oggende en oor naweke.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 7008Total article views: 12174
Crossref Citations
1. A Systematic Literature Review with Meta-Analyses of Within- and Between-Day Differences in Objectively Measured Physical Activity in School-Aged Children
Hannah L. Brooke, Kirsten Corder, Andrew J. Atkin, Esther M. F. van Sluijs
Sports Medicine vol: 44 issue: 10 first page: 1427 year: 2014
doi: 10.1007/s40279-014-0215-5