Original Research
The emotional well-being of the nurse within the multi-skill setting
Submitted: 24 March 2010 | Published: 12 May 2011
About the author(s)
Heleen French, School of Nursing Science, North-West University, Potchefstroom campus, South AfricaEmmerentia Du Plessis, School of Nursing Science, North-West University, Potchefstroom campus, South Africa
Belinda Scrooby, School of Nursing Science, North-West University, Potchefstroom campus, South Africa
Abstract
Opsomming
Die emosionele welstand van verpleegkundiges werksaam in ‘n multivaardigheidsopset kan moontlik negatief beïnvloed word deur die uitdagende werksomgewing. ‘n Kwalitatiewe, verkennende, beskrywende en kontekstuele studie is uitgevoer om hierdie verskynsel te ondersoek. Die doel van hierdie studie was om die ervaring van verpleegkundiges, asook hul persepsies van hanteringsmeganismes, in ‘n multi-vaardigheidsopset te verken en beskryf, sowel as om aanbevelings vir die bevordering van hulle emosionele welstand te formuleer. Die populasie het bestaan uit verpleegkundiges werksaam in ‘n multivaardigheidsopset (‘n Vlak-2 hospitaal) en het professionele verpleegkundiges, ingeskrewe verpleegkundiges en verpleegassistente ingesluit. ‘n Alles-insluitende steekproef is gebruik. Semi-gestruktureerde onderhoude is met drie professionele verpleegkundiges, ses ingeskrewe verpleegkundiges en een verpleegassistent gevoer. Hierdie onderhoude is volgens die metode deur Creswell(2003:192) beskryf, geanaliseer. Die bevindinge het getoon dat verpleegkundiges positiewe sowel as negatiewe ervaringe van die multivaardigheidsopset het. Hulle gebruik taakprioritisering, geloof, selfmotivering en wedersydse ondersteuning as hanteringsmeganismes. Hulle het ook voorstelle gemaak vir die bevordering van hul emosionele welstand, op persoonlike sowel as bestuursvlak. Aanbevelings vir verdere navorsing, verpleegonderwys en die praktyk is geformuleer. Aanbevelings vir die praktyk sluit in ‘in-die-oomblik’ indiensopleiding,toepaslike taaktoewysing, duidelikheid oor bestek van praktyk, tyd vir rus en ontlading, verbeterde verhoudings met bestuur, bevordering van sterk karaktereienskappe en die skep van ‘n ondersteuningsnetwerk.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 6895Total article views: 14381
Crossref Citations
1. Arbeit in der stationären Demenzpflege
Elisabeth Ibenthal, Claus Backhaus
Zentralblatt für Arbeitsmedizin, Arbeitsschutz und Ergonomie vol: 71 issue: 6 first page: 270 year: 2021
doi: 10.1007/s40664-021-00442-w