Original Research
The effects of fatigue and the post-concussion syndrome on executive functioning in traumatic brain injury and healthy comparisons
Submitted: 18 February 2010 | Published: 09 November 2010
About the author(s)
Jessica D. Fry, Department of Psychology, University of the Witwatersrand, South AfricaKirston Greenop, Department of Psychology, University of the Witwatersrand, South Africa
Enid Schutte, Department of Psychology, University of the Witwatersrand, South Africa, South Africa
Abstract
Opsomming
In hierdie studie is gedragsmanifestering in individue met gekompromitteerde uitvoerende funksionering, met inbegrip van perseverasie en verminderde induktiewe redenering, op die Wisconsin-kaartsorteringstoets (WCST), bestudeer. Die waarneming dat prestasie deur uitputting beïnvloed word in sowel normale populasies as dié met kopbeserings het implikasies vir gesondheidsorgpersoneel wat by rehabilitasie en assessering betrokke is. ’n Uitputtingstoestand is gemanipuleer vir 15 matig ernstige individue met traumatiese kopbeserings (TKB) vir die duur van ’n drie uur lange toetssessie. ’n Vergelykingsmonster van 15 deelnemers met geen geskiedenis van kopbeserings is deur dieselfde metodologie uitgeput. Alle uitgeputte deelnemers (met en sonder TKB) het ’n neiging na verhoogde vlakke van perseverasie en verminderde induktiewe redenering op die WCST getoon. Die impak van uitputting op hoëvlak-funksionering is dus verreikend, selfs in gevalle waar geen kopbesering opgedoen is nie. Die bevinding ondersteun suboptimale prestasie in kognitiewe vaardighede, en spesifiek in uitvoerende beheer, wat dikwels onder uitgeputte mense gevind word. Hierdie bevindinge is van belang vir die manier waarop rehabilitasie-intervensies en regsgeneeskundige assesserings gestruktureer word. Die volgorde van toetse, die interpretasie daarvan en die rusperiodes moet duidelik in assesseringsverslae en rehabilitasiesessies aangetoon en geïnterpreteer word.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 5382Total article views: 9679