Original Research
Coping under pressure: Strategies for maintaining confidence amongst South African soccer coaches
Submitted: 16 January 2010 | Published: 23 February 2011
About the author(s)
Jhalukpreya Surujlal, Faculty of Management Sciences, Vaal University of Technology, South AfricaSheila Nguyen, Faculty of Business and Law, School of Management and Marketing, Deakin University, Australia
Abstract
Opsomming
Sport afrigting kan ’n baie vervullende en bevredigende beroepskeuse wees, maar as gevolg van die eise en verwagtinge van verskeie omgewings faktore, kan dit ook as ’n spanningsvolle beroep ervaar word. Afrigters moet verskeie rolle vertolk (o.a. opvoeder, motiveerder, sielkundige, adviseerder, afrigter, bestuurder en administrateur) wat deel uitmaak van die komplekse en buitengewone eise wat op hulle geplaas word. Sokker afrigters beleef ’n aantal uitdagings, konflik situasies, frustrasies en spanning waarvan die impak of waarde daarvan selde gemeet kan word. Afrigting as ’n konsep word beskryf of gedefinieer as ’n potensieel onveilige en/of wisselvallige beroep waar die meerderheid afrigters spanning ervaar, konflik beleef, media druk moet verwerk en ’n geweldige inbreuk op hul persoonlike en familielewe ervaar. Hierdie studie ondersoek Suid-Afrikaanse sokker afrigters se persepsies aangaande die meganismes wat hulle gebruik om die potensiële spanning van hul beroep te bestuur. Die studie is gebaseer op ’n nie-eksperimentele ontwerp met ’n kwantitatiewe benadering van Suid-Afrikaanse sokker afrigters om spanning te evalueer en te bestuur. Een honderd en twaalf sokker afrigters wat op provinsiale vlak of hoër afgerig het, het vraelyste ingevul aangaande spanning en spanning hanteringstegnieke wat in hul afrigtingsberoepe gebruik is. Beskrywende data analise is met behulp van ’n statistiese pakket in Sosiale Wetenskap (SPSS-weergawe 16) gedoen. Die oorsake van spanning asook die hanteringstegnieke wat deur die afrigters gebruik is, is geevalueer. Die resultate het bevind dat daar drie duidelike oorsake van spanning was, naamlik ’n tekort aan hulpbronne, die akkumulasie van geskeduleerde wedstryde asook wedstryde waarvan die uitslag krities is. Die drie laagste oorsake van spanning was onder andere politieke inmenging, fisiese aanranding deur spelers en die vervanging van spelers. Die afrigters het ’n verskeidenheid van spannings hanteringstegnieke gebruik, maar die resultate toon dat 5.68%, 5.14% en 89.78% van die eksperimentele groep oneffektiewe spannings-, emosionele- en probleem bestuurstegnieke geïmplementeer het. Akademiese en praktiese implikasies van die navorsingsresultate word bespreek.Keywords
Metrics
Total abstract views: 8875Total article views: 16279
Crossref Citations
1. Supportive Communities: Conceptualizing Supportive Structures for Coaches’ Learning and Well-Being in Community Youth Soccer
Krister Hertting, Karin Grahn, Stefan Wagnsson
International Journal of Environmental Research and Public Health vol: 19 issue: 14 first page: 8249 year: 2022
doi: 10.3390/ijerph19148249
2. Lived Experiences of Stress and the Coping Mechanisms of Assistant Coaches in the National Basketball Association (NBA)
Adrian Griffin, Timothy Baghurst, Simon Quick
Quest vol: 77 issue: sup1 first page: 101 year: 2025
doi: 10.1080/00336297.2024.2442996
3. Accessibility, integration and transfer of sport science knowledge to high-performance coaching in South Africa
Chantelle Nkala, Yoga Coopoo
African Journal for Physical Activity and Health Sciences (AJPHES) vol: 28 issue: 2 first page: 134 year: 2022
doi: 10.37597/ajphes.2022.28.2.5
4. Coping Amongst Elite-Level Sports Coaches: A Systematic Review
Maja Gunhild Olsen, Jan Arvid Haugan, Maria Hrozanova, Frode Moen
International Sport Coaching Journal vol: 8 issue: 1 first page: 34 year: 2021
doi: 10.1123/iscj.2019-0051
5. Perceptions of Stress of Swedish Volunteer Youth Soccer Coaches
Krister Hertting, Stefan Wagnsson, Karin Grahn
Sports vol: 8 issue: 11 first page: 146 year: 2020
doi: 10.3390/sports8110146
6. Indonesia’s Badminton National Referees: What is The Level of Self-Confidence and Concentration?
ERA PRATIWI, SUHARJANA, I PUTU AGUS DHARMA HITA, HELEN PURNAMA SARI, ELSA ARIESTIKA
Innovare Journal of Education first page: 7 year: 2022
doi: 10.22159/ijoe.2022v10i1.43398
