Original Research
The expectations of fathers concerning care provided by midwives to the mothers during labour
Submitted: 11 December 2009 | Published: 06 April 2012
About the author(s)
Malmsey L.M. Sengane, Nursing Science Department, University of Limpopo (Medunsa Campus), South AfricaAnna G.W. Nolte, Department of Health Sciences, University of Johannesburg, South Africa
Abstract
Opsomming
Vroedvroue word daarvan beskuldig dat hulle nie voldoen aan die verwagtinge en behoeftes van die vaders nie. Vaders word, óf deur hulle geïgnoreer, óf druk word op hulle uitgeoefen om meer betrokke te raak as waarmee hulle gemaklik is, indien hulle wel toegelaat word om moeders te ondersteun tydens die kraamproses. Vroedvroue verskaf moeder-gesentreerde sorg, maar dit is nogtans belangrik dat hulle onthou om die vaders te betrek in die besluitneming en hulle rol, verwagtinge en behoeftes te erken omdat die geboorte van ‘n kind een van die belangrikste gebeurtenisse in hulle lewens is. Die studie het gefokus op vaders se verwagtinge van die sorg wat verskaf word aan moeders tydens kraam. ‘n Kwalitatiewe, eksploratiewe, beskrywende en kontekstuele navorsingsontwerp is gebruik. Data is ingesamel deur in-diepte onderhoude met vaders te voer oor die sorg wat aan hul vroue of metgeselle tydens die kraamproses verskaf word deur vroedvroue. Data is daarna geanaliseer deur ‘n oop beskrywende metode te gebruik wat toepaslik is vir kwalitatiewe navorsing. Die resultate van die onderhoude is vervolgens geposisioneer binne ‘n holistiese, gesondheids-bevorderende teorie wat verwys na liggaam, psige en gees. Die resultate toon dat gemak en ondersteuning die twee hoofkategorieë is wat verskaf moet word deur vroedvroue aan moeders tydens die kraamproses. Die ander kategorieë wat aangedui word in die resultate, is dat vroedvroue hulle onderlinge kommunikasievaardighede moet verbeter, asook hul kommunikasie met die moeders en vaders indien laasgenoemde beskikbaar is. Die vaders het van vroedvroue verwag om hulle aan te moedig om moeders by te staan tydens die kraamproses en om binding tussen vader, moeder en baba aan te moedig.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 6299Total article views: 13789
Crossref Citations
1. South African fathers’ experiences with healthcare providers during their partners’ medically high-risk pregnancy and childbirth
Pascal Richardson, Michelle Andipatin
South African Journal of Psychology vol: 54 issue: 1 first page: 9 year: 2024
doi: 10.1177/00812463231207511