Original Research
Scoring clinical competencies of learners: A quantitative descriptive study
Submitted: 03 December 2009 | Published: 22 July 2011
About the author(s)
Nomasonto B.D. Magobe, Department of Nursing, University of Johannesburg, South AfricaSonya Beukes, Department of Nursing, University of Johannesburg, South Africa
Ann Müller, Department of Nursing, University of Johannesburg, South Africa
Abstract
Opsomming
Hierdie artikel beskryf die ondersoek na die korrelasie tussen verskillende kliniese assesseerders se puntetoekenning tydens assessering van leerders se kliniese vaardighede ten einde enige moontlike vreemde veranderlikes met betrekking tot redes vir swak prestasie uit te skakel. ʼn Universiteit in Gauteng, Suid-Afrika bied ʼn leerprogram aan wat leerders toerus met kliniese kennis, vaardighede en waardes in die beraming, diagnose, behandeling en sorg van pasiënte in primêre gesondheidsorgfasiliteite (PGS). Die navorser het waargeneem dat, ten spyte van addisionele kliniese onderrig en begeleiding, leerders steeds teen die einde van die program lae punte in kliniese evaluasies behaal het. Die studie het die moontlik rede(s) vir hierdie waarneming ondersoek. Die doel van die studie was om die demografiese profiel van leerders, sowel as die korrelasie van die puntetoekenning deur verskillende kliniese assesseerders, te verken en te beskryf. ʼn Doelbewuste gerieflikheidsteekproef het uit leerders (n = 34) en kliniese beoordelaars (n = 6) bestaan. Data is versamel deur leerders individueel ʼn vraelys te laat voltooi. Hierdie data is met behulp van ʼn nominale en rangorde-skaal geanaliseer. Kliniese assesseerders het ʼn kontrolelys voltooi en data is met behulp van ʼn statistiese sagtewarepakket geanaliseer. Die veranderlikes is vergelyk om die aard van die verhouding tussen die verskillende kliniese assesseerders se tellings op die kontrolelys te bepaal. Dit is gedoen om interbeoordeelaarbetroubaarheid te verseker. Resultate het getoon dat daar geen statisties beduidende verskille tussen die gemiddelde puntetoekenning van verskillende kliniese assesseerders bestaan het na korrelasie nie (p < 0.05). Die puntetoekenning het dus nie tot die swak kliniese vaardighede van die leerders bygedra nie.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 8605Total article views: 12746