Original Research
Further potential savings attributable to maximum generic substitution of antidepressants in South Africa: A retrospective analysis of medical claims
Submitted: 11 November 2009 | Published: 24 November 2010
About the author(s)
Elmarie van der Westhuizen, School of Pharmacy, North-West University, Potchefstroom campus, South AfricaJohanita R. Burger, School of Pharmacy, North-West University, Potchefstroom campus, South Africa
Martie S. Lubbe, School of Pharmacy, North-West University, Potchefstroom campus, South Africa
Jan H.P. Serfontein, School of Pharmacy, North-West University, Potchefstroom campus, South Africa
Abstract
Opsomming
Die hoofmikpunt van hierdie studie was om die potensiële kostebesparing te bereken wat deur maksimale generiese vervanging van antidepressante in die Suid-Afrikaanse private gesondheidsorgsektor tussen 2004 en 2006 teweeggebring sou kon word. Data oor gerekenariseerde eise vir medisyne van pasiënte wat een of meer antidepressante gedurende die studietydperk ontvang het (d.i. 2004, 2005 en 2006) is van ʼn Suid-Afrikaanse maatskappy wat farmaseutiese voordele bestuur, verkry. Die totale studiepopulasie het bestaan uit 292 071 items (N = 5 982 869)van 273 673 voorskrifte (N = 5 213 765) teen ʼn totale koste van R56 183 697.91 (N = R1 346 210 929.00).’n Kwantitatiewe, retrospektiewe medisyneverbruiksontleding is gedoen en data is geanaliseer deur van die Statistical Analysis System®-pakket gebruik te maak. Potensiële kostebesparings is vir middels in die studiepopulasie wat aan die kriteria voldoen het, bereken. Generiese produkte het 58.7% (N = 292 071) van alle produkte wat voorgeskryf is, uitgemaak, teen ʼn totale koste van 28.2% (N= R1 346 210 929.00). Indien die gemiddelde prys van alle middels wat aan die kriteria vir vervanging voldoen het, met die prys vir generiese middels vervang word, is ʼn potensiële besparing van 9.3%(N = R56 183 697.91) van die werklike koste vir antidepressante gedurende die studietydperk moontlik. Generiese middels kan in ontwikkelende lande met beperkte gesondheidsorg-hulpbronne kostebesparende alternatiewe wees.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 5950Total article views: 11060