Original Research
‘No condom, no sex’: Easy to say, but not possible for all South African women
Submitted: 13 October 2009 | Published: 01 November 2010
About the author(s)
Johanna E. Maree, Adelaide Tambo School of Nursing Science, Tshwane University of Technology, South AfricaAbstract
Opsomming
Servikskarsinoom is die mees algemene kanker in Suid-Afrikaanse vroue. Die menslike papiloom virus (MPV) is die grootse oorsaak van hierdie kanker. Oordraging van die virus kan egter met kondoomgebruik voorkom word. Die doel van die studie was om te bepaal of Swart vroue woonagtig in Tshwane, Suid-Afrika, hulself teen die virus kan beskerm deur op kondoomgebruik aan te dring.Die studie was eksploratief, kwalitatief en kontekstueel en ’n gerieflikheids sneeubal metode het die steekproef gerig. Die steekproefgrootte is deur dataversadiging bepaal (n = 20). Data is ingesamel deur middel van onderhoude en die data is met behulp van Tesch se metode geanaliseer. Vier temas is geïdentifiseer, (1) kennis van servikskarsinoom, (2) seksuele gedrag, (3) sosiale probleme en (4)emosies. Die studie het bevind dat vroue hulle nie self teen servikskarsinoom kan beskerm deur op kondome aan te dring nie. Kennis van die siekte was so gebrekkig dat vroue nie kondoomgebruik met servikskarsinoom vereenselwig het nie. Die meeste van hul seksmaats het geweier om kondome te gebruik. Armmoede, fisiese geweld, hulpeloosheid en vrees het vroue weerhou om op die gebruik van kondome aan te dring. Primêre voorkomingstrategië behoort op selfbemagtiging van vroue te konsentreer. Dit sal voorkom dat vroue van mans, wat hulle die reg kan weier, afhanklik is vir beskerming teen servikskarsinoom.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 6874Total article views: 22093