Original Research
Teenagers’ experiences of sexual health dialogue in the rural villages of the Vhembe District, Limpopo Province
Submitted: 07 October 2009 | Published: 23 February 2011
About the author(s)
Lebese R. Tsakani, Department of Advanced Nursing Science, University of Venda, South AfricaMashudu Davhana- Maselesele, Science and Technology, North-West University (Mafikeng Campus), South Africa
Larry C. Obi, Deputy Vice- Chancellor: Academic Affairs & Research Walter Sisulu University South Africa, South Africa
Abstract
Opsomming
Dialoog met tienerjariges rakende seksuele gesondheid is ’n wêreldwye probleem omdat daar gevind is dat dit meestal minimaal is of glad nie plaasvind nie. Hierdie beperking word beïnvloed deur die tienerjariges se kulturele waardes, oortuigings en norme. Kultuur beïnvloed in ’n groot mate watter seksuele gesondheidsake tussen tienerjariges en volwassenes bespreek kan word, en hoe dit gedoen kan word. Die doel van hierdie studie was om tienerjariges se ondervindings van seksuele gesondheidsdialoog in die landelike gebiede van die Vhembedistrik in die Limpopo-provinsie van Suid-Afrika te ondersoek en te bespreek. ’n Kwalitatiewe,ondersoekende, beskrywende en kontekstuele navorsingsbenadering is gevolg.Data is versamel deur middel van grondige individuele onderhoude en fokusgroep-besprekings.’n Doelbewuste steekproefmetode is gebruik om die 57 deelnemende tienerjariges op grond van bepaalde kriteria te selekteer.Die bevindings van die studie het aangedui dat daar minimale dialoog oor seksuele gesondheid tussen tienerjariges en volwassenes is. Die meeste tienerjariges het gerapporteer dat hulle by vriende, die media, inisiasieskole en familielede, meestal ’n tante, van seksuele gesondheid geleer het. Daar is met kommer opgemerk dat tienerjariges seksuele gesondheid aan die daad van omgang gelykstel en dat geen aandag aan ander aspekte van seksuele gesondheid geskenk is nie. Aanbevelings ter verbetering van die situasie is gemaak.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 6346Total article views: 18096