Original Research
Exploring the bio-psychosocial effects of renal replacement therapy amongst patients in a state hospital in South Africa
Submitted: 10 September 2009 | Published: 25 May 2011
About the author(s)
Madhubala Kasiram, School of Social Work and Community Development, University of KwaZulu-Natal, Howard College Campus, South AfricaBharita Harilall, Inkosi Albert Luthuli, Central Hospital, Durban, South Africa
Abstract
Opsomming
Hierdie artikel beskryf ‘n kwalitatiewe studie wat die bio-psigososiale effekte van niervervangingsterapie op pasiënte in ‘n staatshospitaal in Suid-Afrika ondersoek het. Die studie is gemotiveer deur die mate van debiliteit van pasiënte wat hemodialise (HD) en kontinue ambulatoriese peritoneale dialise (KAPD) ondergaan en wat oënskynlik verder strek as bloot die fisieke aspekte van die siekte en die behandeling daarvan. Respondente het bestaan uit ‘n klein groep HD- en KAPD-pasiënte. Deur ‘n onderhoudskedule as die navorsingsinstrument te gebruik, is ryk data onthul. Inhoudanalise en die redusering van data tot temas het die data-analise gefasiliteer. Alhoewel die studie nie kwantitatief was nie en vergelykende analise dus nie moontlik was nie, het temas van spanning onder die respondente voorgekom. Dit was duidelik uit die onderhoude met albei pasiëntgroepe en inhoudanalise dat die HD-groep meer bekommernis oor die graad van debiliteit en psigososiale stres getoon het as die KAPD-groep.Regeringsondersteuning vir holistiese nierbehandeling en versigtige samestelling van ‘n span sleutelrolspelers vir die vermindering van die erns en verreikende gevolge van HD en KAPD word voorgestel.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 7801Total article views: 14814
Crossref Citations
1. Service Needs of HIV-Positive Persons: A South African Perspective
Madhu Kasiram, Kim Beattie
Journal of Family Psychotherapy vol: 26 issue: 2 first page: 139 year: 2015
doi: 10.1080/08975353.2015.1038969