Original Research
A model for incorporating specialist nurse education into a university context. Part 1: Methodological perspectives
Submitted: 01 September 2009 | Published: 30 March 2010
About the author(s)
Judith C. Bruce, Department of Nursing Education, University of Witwatersrand, South AfricaHester C. Klopper, School of Nursing Science, North-West University, Potchefstroom campus, South Africa
Abstract
Opsomming
Die onderrig van verpleegkundiges in gespesialiseerde verpleegpraktyk vind hoofsaaklik in verpleegkolleges plaas. In die lig van die voortslepende debat rondom die toekomstige posisionering van verpleegonderrig is ondersoek na die inkorporering van spesialis vepleegopleiding aan universitieite as noodsaaklik geag. Die doel van hierdie studie was om die model vir gespesialiseerde vepleegopleiding aan universitiete te ontwikkel en te beskryf. Die navorsingsdoelwitte is geformuleer aan die hand van twee fases. Die doelwitte in Fase 1 was ontwerp om die konsepte betreffende universiteitsopleiding te identifseer. Die doelwitte in Fase 2 was op die ontwikkeling van ’n model vir die onderrig in gespesialiseerde verpleegkunde aan ’n universiteit gerig. Hierdie artikel gee ’n oorsig oor slegs die metodiek wat gebruik is om die doel en navorsingsdoelwitte te bereik. Dit verskaf ’n oorsig oor Fase 1 en 2 en sluit ’n omvattende beskrywing van die navorsingsontwerp in. In die bespreking van die navorsingsontwerp word spesifeke aandag aan teoriegenerering gewy. Die navorsingsmetodes word beskryf met verwysing na data insamelingsmetodes-en-prosedures, die steekproef, en steekproefmetodes, data analiseringsmetodes-en-prosedures wat die betroubaarheid van die studie verseker het. Die model word in Deel 2 van die artikel beskryf.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 5655Total article views: 11029