Original Research
The lived experiences of late-adolescent female suicide survivors: ‘A part of me died’
Submitted: 31 August 2009 | Published: 08 June 2010
About the author(s)
Willem A. Hoffmann, Department of Biomedical Sciences,Tshwane University of Technology, South AfricaChris Myburgh, Department of Educational Psychology, University of Johannesburg,, South Africa
Marie Poggenpoel, Department of Nursing Sciences, University of Johannesburg, South Africa
Abstract
Opsomming
Mense se gedagtes fokus meestal op die selfmoordslagoffer onmiddellik na ’n voltooide selfmoord. Tog is die werklike slagoffers die persone wat agterbly om die lewe na die selfmoord te hanteer. Hierdie fenomenologies-sielkundige studie het die geleefde belewenisse van laat-adolessente oorlewendes ondersoek, spesifiek daardie negatiewe belewenisse wat skynbaar erger word in die weke en maande na ’n betekenisvolle ander se voltooide selfmoord. Die navorsingsdeelnemers was vyf vroulike laat-adolessente (17–22 jaar oud) wat gewerf is deur middel van doelgerigte selektering by ’n Suid-Afrikaanse tersiêre instelling en jeugkampe. Data-insameling het geskied aan die hand van collage-gefasiliteerde, aangesig-tot-aangesig fenomenologiese onderhoude. Sommige deelnemers het addisionele dokumente in die vorm van persoonlike dagboeke, briewe en gedigte beskikbaar gestel vir data-analise. Die data is geanaliseer volgens Giorgi se fenomenologiese metode. Die volgende belewenisse het na vore getree tydens die data-analise: skuldgevoelens, self-blaam/spyt, blameer ander/God, woede, verlies/inperking van ‘self’, depressie, sub-optimale gedragshanteringspatrone, veranderinge in verhoudingsdinamika, en selfmoordneigings. Die resultate van hierdie studie kan deur geestesgesondheidwerkers en versorgers aangewend word om adolessente selfmoordagtergeblewenes effektief te ondersteun in die rouproses.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 7510Total article views: 15404
Crossref Citations
1. “Don’t bother about me.” The grief and mental health of bereaved adolescents
Karl Andriessen, Jane Mowll, Elizabeth Lobb, Brian Draper, Michael Dudley, Philip B. Mitchell
Death Studies vol: 42 issue: 10 first page: 607 year: 2018
doi: 10.1080/07481187.2017.1415393