Original Research
The experiences of remaining nurse tutors during the transformation of nursing colleges
Submitted: 19 August 2009 | Published: 19 October 2009
About the author(s)
Ellie C. van Dyk, University of South Africa, South AfricaGisela H. van Rensburg, University of South Africa, South Africa
Juanita E. Tjallinks, University of South Africa, South Africa
Full Text:
PDF (754KB)Abstract
Opsomming
Die transformasie van die openbare dienste en onderwys in Suid-Afrika vorm deel van die politieke en sosio-ekonomiese oorgang tot demokrasie. Veranderinge vind plaas op elke terrein, wat ook gesondheidsdienste insluit. 'n Kwalitatiewe studie is onderneem om die belewing van die oorblywende verpleegdosente verbonde aan ’n verplegingskool te ondersoek te midde van die transformasie van verpleegkolleges en personeelvermindering wat plaasvind. Die studie het beoog om die belewing van indiwidue gedurende veranderinge by hul werksomgewing te beskryf, met die doel om by te dra tot aanbevelings wat personeel sou kon help om transformasie en personeelvermindering by die werkplek te ‘oorleef’. Drie temas het uit die narratiewe beskrywings en ongestruktureerde in-diepte onderhoude na vore gekom. Die eerste tema, affektiewe response, sluit in emosies, lae moraal, depressiewe gemoed en angs wat deur transformasie en personeelvermindering veroorsaak word. Die tweede tema, kognitiewe en perseptuele betekenis, toon die gedagtes, oortuigings en menings van oorblywende verpleegdosente rakende die transformasie en personeelvermindering aan. Persepsies en opinies van hoe verpleegonderrig en menslike waardigheid geraak is, is ook weergegee. Die derde tema toon die hanteringsresponse, wat werkverwante, persoonlike en sosiale aanpassings van verpleegdosente gedurende die transformasie van verpleegkolleges beskryf. Daar word aanbeveel dat goeie kommunikasie en deelname in die berading van verpleegdosente gehandhaaf word.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 5128Total article views: 3512