Original Research
The health care needs of the physically disabled patient in a home-based care environment: Implications for the training of ancillary health care workers
Submitted: 18 August 2009 | Published: 09 November 2010
About the author(s)
Karien Jooste, Department of Nursing, University of Johannesburg, South AfricaMary Chabeli, Department of Nursing, University of Johannesburg, South Africa
Monica Springe, Department of Nursing, University of Johannesburg, South Africa
Abstract
Opsomming
Volgens die literatuur kan assistentgesondheidsorgwerkers (AGWs), as gevolg van ontoereikende opleiding, nie altyd aan die behoeftes van fisies gestremde pasiënte in 'n tuisopset voldoen nie.Die doel van hierdie navorsingstudie was om die gesondheidsorgbehoeftes van langtermyn,tuisgebaseerde fisies gestremde pasiënte in die noordelike voorstede van Johannesburg te verken en te beskryf, en om hieruit aanbevelings vir die opleiding van AGWs voor te stel. Kwalitatiewe,verkennende, beskrywende en kontekstuele metodes is gebruik om die data in te samel en die analise te doen. Die studiepopulasie het uit agt fisies gestremde deelnemers bestaan wat 'n AGW aangestel het om hulle met hul langtermyntuisversorging by te staan. Doelbewuste steekproefneming met die daaropvolgendesneeubalmetode is gebruik om verdere deelnemers vir die studie te identifiseer.Individuele onderhoude is gevoer waartydens deelnemers die volgende vrae moes beantwoord (1)‘Wat is jou gesondheidsorgbehoeftes?’ en (2) ‘Hoe behoort hieraan voldoen te word?’ Datasaturasie is verseker, waarna Tesch se data-analisemetode gevolg is. Drie kategorieë van gesondheidsorgbehoeftes is geïdentifiseer (1) fisiese gesondheidsorgbehoeftes, (2) interpersoonlike verhoudingsbehoeftes en (3)sosiale behoeftes, en 12 temas is van hierdie kategorieë afgelei. Hierdie gesondheidsorgkategorieë behoort aandag tydens die opleiding van AGWs te kry. Aan die hand van die temas is aanbevelings gemaak vir die opleiding van AGWs in tuisgebaseerde sorg van fisies gestremde pasiënte. AGWs behoort ondersteuning te bied om die omgewing by die individuele behoeftes van die pasiënt aan te pas, en moet hul kennis en kritiese denkvaardighede kan toepas om ʼn pasiëntgesentreerde omgewing te verseker.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 6243Total article views: 27942
Crossref Citations
1. Making a difference and earning a living: Healthcare professionals’ perspectives on working with persons with special healthcare needs
Victoria Cutts, Henry D. Mason, Vikki Botes
Journal of Psychology in Africa vol: 30 issue: 4 first page: 369 year: 2020
doi: 10.1080/14330237.2020.1796022