Original Research
Experiences of health care providers managing sexual assault victims in the emergency unit Part 2: Discussion of results and literature control
Submitted: 27 July 2009 | Published: 17 September 2009
About the author(s)
Rebecca M. Skhosana, Department of Health, South AfricaMmapheko D. Peu, Nursing, UP, South Africa
Full Text:
PDF (715KB)Abstract
Opsomming
Die doel van hierdie studie was om die ervaringe van gesondheidsorgverskaffers wat slagoffers van seksuele aanranding in die ongevalle-eenheid van 'n gemeenskapshospitaal in die Nkangala-distrik in die provinsie van Mpumalanga hanteer, te ontgin en te beskryf. ’n Kwalitatiewe fenomenologiese ontwerp is toegepas. Doelbewuste steekproefneming is gebruik om deelnemers te selekteer uit die groep gesondheidsorgverskaffers wat in die ongevalle-eenheid werksaam was en meer as vier slagoffers van seksuele aanranding hanteer het. Data is by wyse van individuele onderhoude ingesamel en volgens die Tesch-metode van data-analise deur die navorser en die onafhanklike medekodeerder geanaliseer. Hoofkategorieë, subkategorieë en temas is geïdentifiseer. Deelnemers het uitdrukking gegee aan hulle emosies, uitdagings, die houding en gedrag van polisiebeamptes, teenstrydighede in riglyne en behoefte-identifikasie. Aanbevelings is dat multidissiplinêre spanlede betrokke moet wees by gemeenskapsaktiwiteite en dat die gemeenskap moet deelneem aan sake wat verband hou met seksuele aanranding. Die regering moet duidelike riglyne ontwikkel wat op landelike en stedelike Suid-Afrika van toepassing is. Gesondheidsorgwetenskappe moet daarop gerig wees om meer forensiese verpleegkundiges op te lei. Alle toepaslike departemente moet saamwerk om die komplikasies te verlig wat deur voorvalle van seksuele aanranding veroorsaak word.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 4539Total article views: 2940