Original Research
Assessment of the English literacy level of patients in primary health care services in Tshwane, Gauteng province: Part 2
Submitted: 18 June 2009 | Published: 07 September 2010
About the author(s)
Zelda Wasserman, Adelaide Tambo School of Nursing Science, Tshwane University of Technology, South AfricaSusanna C.D. Wright, Adelaide Tambo School of Nursing Science, Tshwane University of Technology, South Africa
Todd M. Maja, Adelaide Tambo School of Nursing Science, Tshwane University of Technology, South Africa
Abstract
Opsomming
Lae geletterdheidsvlakke kan beskryf word as ’n persoon se onvermoë om doeltreffend te lees, te skryf of syfers te gebruik. Die beperkte vermoë om te lees en gesondheidsorgvoorskrifte te verstaan,gee direk tot swak gesondheidsuitkomste aanleiding. Die doel van hierdie studie was om die Engelse geletterdheidsvlakke van primêregesondheidsorg-pasiënte deur middel van twee instrumente,naamlik die Learning Ability Battery (LAB) en die aangepasde Rapid Estimate of Adult Literacy, Revised(REALM-R) te assesseer. Daar is voorts ook bepaal hoe die resultate van die aangepaste REALM-R met die LAB korreleer. Data is deur self-rapportering ingesamel, waar die deelnemers vrae uit die LAB-instrument moes beantwoord en spesifieke woorde vir die aangepaste REALM-R hardop te lees. Die data is ontleed deur gebruik te maak van beskrywende en inferensiële statistiek, met inbegrip van ’n chikwadraat-toets en Spearman se rho. Die resultate dui daarop dat die skoolgraad bereik en die leesgeletterdheid van die deelnemers in Suid-Afrika met vier grade verskil. Die korrelasie tussen die resultate van die LAB en die aangepaste REALM-R was r = 0.43 (p < 0.001).Na gelang van die afsnypunt wat vir die aangepaste REALM-R gebruik word, dui die resultate daarop dat 67% van die deelnemers lae geletterdheidsvlakke het. Die studie toon die belang van ’n geldige, vinnige instrument vir geletterdheidsifting. Die doeltreffende assessering van pasiënte se geletterdheidsvlakke kan geregistreerde verpleegkundiges help om gesondheidsonderrig op ’n toepaslike vlak aan te bied ten einde pasiënte se gesondheidsgeletterdheid te verbeter.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 5496Total article views: 12049
Crossref Citations
1. Evaluating the Construct Validity of the Kidscreen-52 Quality of Life Questionnaire within a South African Context
Naiema Taliep, Maria Florence
South African Journal of Psychology vol: 42 issue: 2 first page: 255 year: 2012
doi: 10.1177/008124631204200212