Original Research
Nurses' and doctors' perceptions regarding the implementation of a triage system in an emergency unit in South Africa
Submitted: 03 June 2009 | Published: 03 September 2009
About the author(s)
Jean E. Augustyn, University of South Africa, South AfricaValerie J. Ehlers, University of South Africa
Susanna P. Hattingh, University of South Africa, South Africa
Full Text:
PDF (774KB)Abstract
Opsomming
Triage assessering van pasiënte met hulle aankoms by ‘n ongeluk/noodeenheid is ‘n noodsaaklike funksie van noodsorgvoorsiening, en is ‘n koste-effektiewe en tydbesparende onderneming. Hierdie studie het die persepsies van dokters en verpleegkundiges ondersoek betreffende die implementering van die Cape Triage Score in een noodeenheid. Die uitdagings wat ervaar is voor die implementering van die Cape Triage Score, die rolle en kernvaardighede van die triage verpleegkundige asook die swak en sterk punte van die Cape Triage Score is aangespreek. In hierdie beskrywende, kwantitatiewe en verkennende studie het 15 verpleegkundiges en dokters vraelyste voltooi. Uitdagings het verminder en die prioritisering van die pasiënte het verbeter na die implementering van die Cape Triage Score. Ander sterk punte van die stelsel het ingesluit dat die triage verpleegkundige die pasiënte geprioritiseer het, nie die ontvangsdame of die administratiewe personeel nie, en verpleegkundiges kon voorlopige ondersoeke doen sonder om op doktersbevele te wag. Die swakhede van die geïmplementeerde Cape Triage Score het ingesluit dat dit nog nie ten volle 100% van die tyd gefunksioneer het nie, en dat dit moeilik was om triage gedurende spitstye te handhaaf as gevolg van ‘n tekort aan verpleegkundiges. Die aanbevelings het ingesluit dat bestuur oortuig moet word van die voordele van die stelsel, verpleegkundiges triage funksies op ‘n rotasiebasis moet uitvoer, meer verpleegkundiges beskikbaar moet wees gedurende spitstye; en dat administratiewe en ontvangspersoneel ook georiënteer moet word ten opsigte van die triage stelsel.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 5966Total article views: 3379