Original Research
Perception of seriousness and preventive health actions of patients with type 2 diabetes
Submitted: 01 June 2009 | Published: 21 August 2009
About the author(s)
Susanna C.D. Wright, Tswane University of Technology, South AfricaJacoba J.M. Jansen van Rensburg, Tswane University of Technology
Johanna E. Maree, Tswane University of Technology
Full Text:
PDF (841KB)Abstract
Opsomming
Diabetes mellitus is 'n algemene chroniese gesondheidstoestand. Alhoewel tipe 2-diabetes 'n ernstige toestand is, veroorsaak komplikasies die meeste morbiditeit en mortaliteit. Dit is moontlik vir 'n persoon met tipe 2-diabetes om 'n normale, gelukkige lewe te lei met die nodige behandeling en motivering. Behandeling behels verhoogde fisiese aktiwiteit, gewigsverlies, 'n gesonde dieet en orale medikasie of insulienbehandeling. Pasiënte is egter verantwoordelik vir 95% van hul behandeling. Volgens die Gesondheidsbevorderingsmodel kan 'n verpleegkundige 'n pasiënt ondersteun deur te fokus op die voordele van behandeling, voorligting om probleme te oorkom en deur positiewe terugvoering. Die doel van die studie was om te bepaal of die pasiënte met tipe 2-diabetes wat voorligting en berading by 'n Sentrum vir Diabetes in Limpopo Provinsie ontvang, hul toestand as ernstig beskou en of hulle hul lewenswyse verander ten einde komplikasies te voorkom. Die ontwerp was 'n ondersoekende kwantitatiewe opname. Die gerieflikheidsteekproef was veertig deelnemers (n=40). Die data-insamelingsmetode was self-rapportering deur middel van 'n vraelys en die data is met behulp van beskrywende en statistiese analise ontleed. Die resultate dui daarop dat die meerderheid van die groep se fisiese lesings hoër as normaal was (oorgewig 85%, hipertensie 35%, HbA1c 65% en middellyn 70%). Die meeste van die deelnemers (87.5%) het hul diagnose van tipe 2 diabetes as nie ernstig nie en goed gekontroleerd beskou. Die oplossing oor hoe om mense te leer om hul lewenswyse te verander om komplikasies te voorkom terwyl hulle op die oomblik nog goed voel, is nog nie bepaal nie.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 5228Total article views: 3667