Original Research
A woman-centred childbirth model
Submitted: 19 May 2009 | Published: 02 June 2010
About the author(s)
Maria S. Maputle, Department of Advanced Nursing Sciences, University of Venda, South AfricaAbstract
Opsomming
Die model vir vrouegesentreerde sorg is ontwikkel deur vier fases in ooreenstemming met die doelwitte van die studie, naamlik, beskrywing van die moeders se ondervinding van kindergeboorte en dié van die diensdoende vroedvroue wat die moeders tydens kindergeboorte bestuur het, ontleding van die begrip ‘vrouegesentreerde sorg’, modelontwikkeling en die evalueringsfase. Die geïdentifiseerde konsepte en subkonsepte is geklassifiseer en gekonseptualiseer in ’n konseptuele model binne die ses elemente van die praktykteorie soos omlyn deur Dickoff, James en Wiedenbach (1968:423) in hulle oorsiglyne wat in Madela-Mntla (1999:69) aangehaal word in Tlakula (1999:119). Hierdie elemente is ontvanger, agent, konteks, prosedure, doel en dinamika. Die relasionele verklarings afgelei na die konseptualisering van elkeen van die ses konsepte, is afgelei deur die proses van deduktiewe ontleding en sintese. Die ontwikkeling van die ‘vrouegesentreerdesorg kindergeboortemodel’ het ses komponente bevat, naamlik, doelwitte, konsepte, definisies, verwantskappe, strukture en assumpsies soos omlyn in Chinn en Jacobs (1987:116). Die model is geëvalueer volgens Chinn en Kramer (1995:134–135) se metode en verfyn deur deskundiges in verloskundige praktyk en die generering van modelle. Beperkings is erken en aanbevelings is gemaak.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 6448Total article views: 14704
Crossref Citations
1. Models for midwifery care: A mapping review
Tine Eri, Marie Berg, Bente Dahl, Helga Gottfreðsdóttir, Eva Sommerseth, Christina Prinds
European Journal of Midwifery vol: 4 issue: July year: 2020
doi: 10.18332/ejm/124110