Original Research
Breastfeeding: Mothers and health practitioners in the context of private medical care in Gauteng
Submitted: 07 May 2009 | Published: 29 June 2009
About the author(s)
Diana du Plessis, University of Johannesburg, South AfricaFull Text:
PDF (787KB)Abstract
Therefore, in order to understand the constraints to breastfeeding, the purpose of this study was to assess the breastfeeding information given to pregnant women by health professionals in private practice. The specific objectives of the study were to determine the breastfeeding recommendations made by private health professionals during pregnancy, to describe the management of breastfeeding in the consulting rooms of private medical practitioners, and to describe women’s experiences of breastfeeding in private hospitals. In Phase 1 of the study the population comprised all mothers who attended a support group for new mothers at a private post-natal clinic In Phase 2 the population comprised all mothers who attended a community baby clinic or support group. The sample consisted of all primigravidae who breastfed or attempted to breastfeed in the first six weeks.
Purposive convenient sampling, as described by Babbie and Mouton (2002:166), was used in both phases of the study. All participants chose a gynaecologist as the primary care giver and delivered in various private hospitals in Johannesburg. Data were collected by means of an anonymous questionnaire, compiled from national and international literature, as well as personal interviews. Data from the questionnaires were analysed by hand. Descriptive statistics were applied. The interviews were analysed according to the descriptive analysis suggested by Tesch (in Creswell, 1994:155). Themes that emerged were clustered and coded. A co-coder, experienced in the field of qualitative research, assisted with the analysis of the transcripts of the interviews. A literature control was conducted to validate the findings. Ethical considerations were based on the DENOSA Ethical Standards for Nurse Researchers (1998:2.3.2–2.3.4). Themes and sub-themes were identified.
Opsomming
Ten spyte van die goed gedokumenteerde gesondheidsvoordele van borsvoeding en die aanbevelings van die Departement van Gesondheid dat vroue vir ongeveer die eerste ses weke tot een jaar uitsluitlik moet borsvoed, word gevind dat 'n groot aantal Suid-Afrikaanse vroue hul babas nie borsvoed nie, of slegs vir 'n kort tydperk borsvoed. Geen nasionale Suid-Afrikaanse statistiek is beskikbaar nie, maar 64% van moeders wat 'n babakliniek besoek het op die Wes Rand in Gauteng borsvoed steeds op ses weke, waarna die aantal borsvoedende moeders verminder tot minder as 20% op drie maande (Truter 2007). Verskeie studies het die houding van gesondheidspersoneel ten opsigte van borsvoeding bepaal, maar min is bekend oor die tipe inligting wat deur die mediese praktisyn aangebied word. Hierdie praktisyn het eerstehandse kontak met die kliente en mag inligting aanbied wat borsvoeding kan bevorder of belemmer. Die volgende vraag is dus geformuleer: Met betrekking tot borsvoeding, wat is die beperkinge in privaat praktyk?
Die doel van hierdie studie was om vas te stel watter borsvoedinginligting deur gesondheidspersoneel in privaatpraktyk aan swanger vroue oorgedra word. Die doelwitte van die studie was om die aanbevelings om te borsvoed te bepaal, om die behandeling en sorg in die spreekkamer van die geneesheer te beraam, en om die vroue se belewenisse van borsvoeding in privaat hospitale te ondersoek. In Fase 1 van die studie het die populasie bestaan uit alle moeders wat 'n ondersteuningsgroep by 'n privaat nageboortekliniek bygewoon het. In Fase 2 was die populasie alle moeders wat 'n ondersteuningsgroep bygewoon het en 'n babakliniek besoek het. Die steekproef het bestaan uit alle primigravidae wat borsvoed of probeer het om te borsvoed gedurende die eerste ses weke.
Doelgerigte gerieflikheidssteekproefneming, soos beskryf deur Babbie and Mouton (2002:166), is in albei fases van die studie gebruik. Alle deelnemers het 'n ginekoloog as primêre sorggewer gebruik en het in verskillende Johannesburgse hospitale gekraam. Data is deur middel van anonieme vraelyste, saamgestel uit nasionale en internasionale literatuur, ingesamel sowel as deur middel van persoonlike onderhoude. Data vanaf die vraelyste is deur die navorser ontleed en beskrywende statistiek is toegepas. Die onderhoude is ontleed volgens die beskrywende analise voorgestel deur Tesch (in Creswell, 1994:155). Temas is saamgevoeg en gekodeer.'n Mede-kodeerder was behulpsaam met die ontleding van die transkripsies van die onderhoude. Literatuur is aangewend as kontrole om die bevindinge te valideer. Etiese oorwegings is gebaseer op die DENOSA Etiese Standaarde vir Verpleegnavorsers (1998:2.3.2–2.3.4). Temas en subtemas is geïdentifiseer.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 5491Total article views: 3826
Crossref Citations
1. Exclusive breastfeeding policy, practice and influences in South Africa, 1980 to 2018: A mixed-methods systematic review
Sara Jewett Nieuwoudt, Christian B. Ngandu, Lenore Manderson, Shane A. Norris, Tanya Doherty
PLOS ONE vol: 14 issue: 10 first page: e0224029 year: 2019
doi: 10.1371/journal.pone.0224029