Original Research
Asthma control limitations in selected primary health care clinics
Submitted: 05 February 2009 | Published: 19 October 2009
About the author(s)
Jesslee M. du Plessis,, South AfricaJan J. Gerber,, South Africa
Full Text:
PDF (669KB)Abstract
The present study was undertaken to assess the correlation between asthma control and patient-related case history notes as recorded via the HCP. The data were obtained retrospectively from the patient notes of all asthmatic patients (including children and pregnant women) who attended six selected clinics in the North West Province of South Africa (Dr Kenneth Kaunda Municipal District).
The analysis of the data collected from the patient clinic books confirmed the suspicion of poor quality of documentation, although the documentation in certain categories rendered some positive results. When compared to the GINA® guidelines, none of the patients had been controlled properly and only a small number (18.4%) had been controlled partly (GINA 2008). Asthma control may be enhanced when a standard template is developed for completion by the HCP. It is envisaged that this will ensure that vital information regarding asthma control is documented in order to contribute to satisfactory chronic disease control.
Opsomming
Primêre gesondheidsorgdienste wêreldwyd ondervind tans menige gehaltediens-verwante probleme, terwyl pogings om dit te verbeter sporadies en onbevredigend voorkom. Navorsing toon (Sharma & Sharma, 2007) dat een van die hoofoorsake hiervan die onvoldoende dokumentasie van die pasiënt of die geval se geskiedenis of nalating om te dokumenteer, is. Die gesondheidsorgverskaffer (GSV) moet toegerus word om die gehalte van gesondheidsorg te verbeter en leiding te neem om die verknorsing te hanteer.
Hierdie studie het die korrelasie tussen asmabeheer en pasiëntgeskiedenis, soos genoteer deur 'n GSV, ondersoek. Dié data is retrospektief van die klinieknotas van alle asmapasiënte (kinders en swanger vroue ingesluit) verkry wat die ses klinieke in Noordwes Provinsie, Suid-Afrika (Dr. Kenneth Kaunda Munisipale Distrik), besoek het.
Die analise van die data wat uit pasiënte se kliniekboekies versamel is, het die vermoede oor die swak gehalte van dokumentasie bevestig, alhoewel daar positiewe uitkomste was in sekere kategorieë se dokumentasie. Wanneer die dokumentasie met die GINA®-riglyne vergelyk word, is dit duidelik dat geen van die pasiënte optimaal bestuur is nie en slegs 'n klein groepie (18.4%) gedeeltelik bestuur is (GINA 2008). Asmabeheer sou kon verbeter deur 'n standaard templaat te ontwikkel wat die GSV kan voltooi. Daar word voorsien dat dit die dokumentering van die nodige inligting oor asmabeheer sal verseker en sodoende kan bydra tot die bevredigende bestuur van kroniese siektes.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 4353Total article views: 2940