Original Research
Outpatients’ experiences of quality service delivery at a teaching hospital in Gauteng
Submitted: 12 November 2008 | Published: 12 November 2008
About the author(s)
Ebin J Arries, University of Johannesburg, South AfricaOdette Newman, University of Johannesburg, South Africa
Full Text:
PDF (65KB)Abstract
Opsomming
Gehalte dienslewering aan die verbruiker van gesondheidsorg is ‘n wetlike realiteit wat in die Witskrif op die Transformasie van die Openbare Dienste (South Africa, 1997) beklemtoon word. Die rigtinggewende filosofie wat in hierdie raamwerk aangeneem word is die van Batho Pele, wat beteken dat die verbruiker van gesondheidsorg op die voorgrond geplaas word. Vanuit ‘n gehalte perspektief word daar toenemend aandag aan hospitaalprosesse gegee. Analogies, kan ‘n buite-pasiëntdepartement gesien word as ‘n industriële area waar die tegnologiese kennis aan pasiënte oorgedra word deur dienslewering, wat ‘n hoeksteen van die besigheid van ‘n hospitaal is. Buitepasiënte as verbruikers van gesondheidsorg maak gevolgtrekkings oor gehaltedienslewering op die basis van hulle belewenisse van sodanige dienste. In dié opsig, is ‘n pasiënt se belewenis van ‘n bepaalde diens ‘n aanwysing van sy/haar vlak van tevredenheid met die gehalte van daardie diens. Geen Suid-Afrikaanse studie oor buite-pasiënte se belewenisse van gehaltedienslewering kon in die literatuur gevind word nie. Die doelstelling van die studie is om buite-pasiënte se belewenisse van die gehalte van dienslewering by ‘n opleidingshospitaal te verken en te beskryf. ‘n Kwalitatiewe, verkennende, beskrywende studie wat binne ‘n spesifieke konteks plaasvind, is uitgevoer. Fokusgroeponderhoude is gevoer met buite-pasiënte wat aan die seleksie-kriteria voldoen het. Oop-kodering is gebruik om die inhoud van die verbatim getranskribeerde transkripsies en veldnotas te analiseer. Strategieë vir vertrouenswaardigheid, naamlik mede-kodering, verlengde betrokkenheid, kruisvalidasie en voldoende verwysing is toegepas om die geloofwaardigheid van die studie en navorsingsbevin- dinge te verseker. Resultate reflekteer temas wat binne twee hoofkategorieë gereduseer is, naamlik positiewe en negatiewe belewenisse. Positiewe belewenisse reflekteer buite-pasiënte se belewenisse van hulle verhoudings met mediese personeel asook hulle tevredenheid met die gehalte van mediesesorg. Negatiewe belewenisse hou hoofsaaklik verband met ‘n gebrek aan diensleweringverbintenisse, ‘n onetiese konteks, asook interpersoonlike verhoudings-probleme wat hulle magteloos en verontmenslik laat voel. Aanbevelings word gemaak om die gehalte van dienslewering binne buite-pasiënte-afdelings te verbeter.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 6110Total article views: 4646
Crossref Citations
1. Functional Quality of Services Delivered In the Physical Therapy Departments
Sadia Aziz, Aziz Ullah Bhatti, Tariq Malik, Zeshan Yusuf
Pakistan Journal of Health Sciences first page: 35 year: 2021
doi: 10.54393/pjhs.v2i01.33
2. Inpatients’ awareness of admission reasons and management plans of their clinical conditions at a tertiary hospital in South Africa
Langalibalele H Mabuza, Olufemi B Omole, Indiran Govender, John V Ndimande, Herman S Schoeman
BMC Health Services Research vol: 15 issue: 1 year: 2015
doi: 10.1186/s12913-015-0754-y
3. Patients’ Perception of the Quality of Gynecological Services in a Tertiary Public Health Facility in Lagos, Nigeria
Fatimat Motunrayo Akinlusi, Abideen Adekunle Olayiwola, Adeyinka Adeniran, Kabiru Afolarin Rabiu, Yusuf Abisowo Oshodi, Tawaqualit Abimbola Ottun
Journal of Patient Experience vol: 9 year: 2022
doi: 10.1177/23743735221077550
4. Medical Xenophobia and Zimbabwean Migrant Access to Public Health Services in South Africa
Jonathan Crush, Godfrey Tawodzera
Journal of Ethnic and Migration Studies vol: 40 issue: 4 first page: 655 year: 2014
doi: 10.1080/1369183X.2013.830504
