Original Research
The serotonin connection in ingestive disorders in women with and without irritable bowel syndrome (IBS)
Submitted: 22 October 1999 | Published: 22 October 1999
About the author(s)
Debbie Bloch, Rand Afrikaans University, South AfricaAnita D Stuart, Rand Afrikaans University, South Africa
H Gertie Pretorius,, Rand Afrikaans University, South Africa
Full Text:
PDF (578KB)Abstract
Opsomming
Die studie het vrouens met Prikkelbare Dermsindroom (PDS) en vrouens daarsonder vergelyk ten opsigte van kenmerke van die ingestie versteurings, soos gemeet deur die "Eating Disorder Inventory-2. 'n Vergelyking tussen die groepe ten opsigte van bloed-serotonien vlakke is ook getref. 'n Steekproei (N = 30) van vrouens wat aan PDS ly en 'n kontrolegroep (N = 28) het die "lrritable bowel syndrome Client Questionnaire" en die "Eating Disorder Inventory-2 voltooi. 'n Deel van die studie het gepoog om te bepaai of daar 'n beduidende verskil is tussen vrouens met en sonder PDS ten opsigte van die volgende subskale op die "Eating Disorder Inventory-2: "Body Dissatisfaction", "Drive for Thinness", "Bulimia" en die "lntroceptive Awareness" subskale. Die resultate dui op 'n statisties beduidende verskil tussen die groepe asook'n statisties beduidende verskil op die "Bulimia" subskaal. 'n Statisties beduidende verskil tussen die groepe is ook getoon ten opsigte van die "lntroceptive Awareness" subskaal. Geen verskille ten opsigte van die "Drive for Thinness" en die "Body Dissatisfaction" subskale is gevind nie. Die resultate toon ook geen statisties beduidende verskil tussen die groepe ten opsigte van serotonienvlakke nie.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 4449Total article views: 3275